Spam Catcher

 

Vang vis, eet en slaap...

Droom jy van daardie nuwe, onbekende nuwe hengelwaters?

Ons avotuurlustige Rekkie Kampe is nie vir elkeen nie – net vir die wat regtig visvangmal is. Ons besoek afgeleë plaasdamme wat versteek is vir die publiek en min óf geen kunsaas sien nie. Dit is so afgeleë dat daar nie eens selfoonopvangs is nie. Ons kamp reg langs die water sodat elkeen kan hengel wanneer hy wil.

Ons ry in een voertuig en vertrek vanaf een sentrale punt uit Pretoria / Johannesburg waar die hengelaars opgetel / afgelaai word en het spasie vir maksimum sewe persone. Ons vertrek Vrydag om 12:00 en is weer terug Sondag om 17:00.

Alle etes is ingesluit. Ons voorsien vervoer, tente en opblaasbote om vanaf te hengel.

Bring saam:
Slaapsak en kussing
Eie hengelgerei – maksimum een “rod tube” of drie visstokke en kunsaas.
Klere: Hengelklere, reënjas, toe skoene, hoed, mus en warm klere.

Volgende kamp:18 tot 20 September

Vir kostes en meer navrae kontak Hannes - 082 416 5524